Outeniqua Hoërskool

Wihan Ferreira

Who was your favourite teacher in school and why?

Juffrou Potgieter. Haar klas was die periode waartydens die balans tussen werk en genot in perfekte harmonie was. Sy het werklik belang gestel in ons groei, nie net op akademiese gebied nie, maar ook in ons geestelike en emosionele volwassenheid, en het self grootliks daartoe bygedra. Haar flou grappies was natuurlik ook legendaries.

What is one thing you miss from school and one thing you do NOT miss?

Wat ek vir seker mis is die mense. Die oomblikke wat ons gehad het, die grappe wat rondgegooi is en die middernag-gesprekke in die koshuis is iets waarna ek terugverlang.
EK moet sê, opstaan vir prefekdiens op ‘n koue wintersoggend as die bergpieke wit is sal nie gemis word nie.

What is one fun fact about you?

Ek het 3 maande na ‘n hokkie-ongeluk uitgevind my neus was gebreek toe ek in plaas van om in die aand te snork, deur my neus begin fluit het!

If you could give one small piece of advise to EVERY teenager out there, what would it be?

Iemand wat jou nie inspireer om te groei, om te verbeter of wat ondersteuning bied nie weerhou jou daarvan om jou voll potensiaal te bereik. Omring jouself met mense wat tot jou lewe toevoeg.

Did you learn a new skill in 2020/2021? What is it?

2021 het vir my ‘n groot bydra tot leierskapsontwikkeling gegee. Ek kon saam met ander my horison verbreed en goeie ondervinding opdoen wat vir my nog baie sal baat.

What is one place you really missed during hard lockdown and why?

Draairoomys met dip by die see. Min dinge kom naby aan die verharde karamel wat jy stuk-stuk moet afbreek om geëet te kry.

a Lesson I learned in 2021...

Moet nooit ‘n dag verby wens nie. So gou maak die biejtie tyd wat jy verjaag ‘n jaar wat verby vlieg. Geniet elke oomblik. As jy nie kan nie, maak dit beter.

What is the best (not well-known) place you've visited in South-Africa?

“Geheime” strand tussen Heroldsbaai en Oubaai

I am excited for 2022 because...

Hierdie jaar gaan ‘n massiewe leerskool vir my wees. Die hoeveelheid nuwe mense, aspekte en ervarings wat voorlê is iets wat al die vorige jare oorrompel..

WhatsApp Image 2022-01-24 at 10.25.42 AM
WhatsApp Image 2022-01-24 at 10.25.42 AM

press to zoom
1/1

Get to
know me!

Check out my video